Leer, onthou en pas die volgende toe :
(a + b)(a + 2b) = a² + ab + 2ab + 2b²
= a² + 3ab + 2b²
↓ ↓ ↓
eerste middel laaste
term term term
LET WEL
* Die eerste term is die produk van die
eerste terme, d.i. a² = a x a
* Die middelste term is die algebraïese
som van die produk van die
buitenste / uiterste terme [ a x 2b ]
en die produk van die
middelste / binneste terme [ a x b ],
d.i. 3ab = [2a x b] + [a x b] = 2ab + ab
* Die laaste term is die produk van die
tweede terme, d.i. 2b2 = b x 2b
(p + 2)(3p + 5) = (p x 3p) + [(p x 5) + (2 x 3p)] + (2 x 5)
= 3p2 + 11p + 10