Graad 10 - Nog Oefeninge

Finansiële dokumente, tariewe, rekeninge.

1.   'n Sekere Munisipaliteit het die volgende tariefstelsel vir die verkoop van
huishoudelike water. [ Die verbruik word bepaal deur die lesing af te rond na die volgende
heelgetal kl verbruik. Dus, 7,5 kl word afgerond na 8 kl ]:
     
  
    Van (kl)       Tot (kl)       Tarief per kiloliter (R)        Van (kl)       Tot (kl)       Tarief per kiloliter (R)   
     0 kl      6,00 kl       gratis     6,01     29,99     R2,00
     30,00 kl      49,99 kl       R2,40     50,00     79,99     R3,50
     80,00 kl      99,99 kl       R4,50     100,00     en meer     R7,80
1.1
'n Huishouding verbruik 8 kl water.
1.1.1
Wat is die tarief vir die verbruik?
1.1.2
Wat is die bedrag betaal baar? Toon al jou berekeninge.
1.2
Die verbruik is 49,12 kl vir die maand. Bereken die bedrag verskuldig. Toon al jou
berekeninge.
1.3
'n Rekening vir R135,65 word gegee vir 'n verbruik van 55 kl. Toets die korrektheid van
die rekening. Toon al jou berekeninge.
2.
Gert stel die volgende begroting op:
     
  
    Inkomste (R)             Uitgawe (R)    
    Salaris     7 600         Huishuur     2 800
                Kos     1 900
                Klere     600
                Motor paaiement     1 300
                Motor onderhoud     820
                Vermaak     600
                Spaar     500
    Totaal     7 600         Totaal    
2.1
Bepaal Gert se totale uitgawe. Kan hy al sy uitgawes bekostig?
2.2
Veronderstel dat hy niks spaar nie. Klop sy begroting nou? Wat kan hy nog doen om sy
begroting te laat klop?
2.3
Hy besluit om tog R300 te spaar. Wat kan hy doen om sy begroting te laat klop?
3.
Koos stel die volgende begroting op:
     
  
    Inkomste (R)               Uitgawe (R)      
    Salaris    17 000           Paaiement op huis     6 800  
                Paaiement op motor     2 100  
                Paaiement op 2de motor     1 000  
                Motor onderhoud     1 000  
                Kos     3 200  
                Klere     1 320   
                Kinders se skoolonkoste     1 680   
                Vermaak        800   
                Spaar        400   
    Totaal    17 000         Totaal    
3.1
Bepaal Koos se totale uitgawe. Kan hy al sy uitgawes bekostig?
3.2
Veronderstel dat hy niks spaar nie. Klop sy begroting nou? Wat kan hy nog doen om sy
begroting te laat klop?
3.3
Hy besluit om tog R300 te spaar. Wat kan hy doen om sy begroting te laat klop?
4.
Bestudeer die volgende rekening van XYZ Munisipaliteit.
4.1
Wat is Munisipaliteit se foonnommer?
4.2
Wat is Munisipaliteit se posadres?
4.3
Wat is die datum waarop die
rekening uitgereik is?
4.4
Wat is die laaste datum waarop die
rekening betaal kan word sonder
om rente te betaal?
4.5
Waarom word die bedrag by
Betaling ontvang geskryf
as -639,45 ?
4.6
Kontroleer die verbruik van water
en elektrisiteit. Toon jou
berekeninge.
4.7
Is die bedrag betaalbaar vir water
korrek? Toon jou berekeninge.
4.8
Is daar nog foute op die rekening?
Toon jou berekeninge.
4.9
Is dit korrek dat in hierdie
geval die eiendomsbelasting teen
1,6% bereken word?
XYZ Munisipaliteit
Slingerstraat 13            Bus 34              Foon: 001 968 0001
Komhier                       Komhier            Faks: 001 968 0002
001908                        001908
Mnr. JS Poggempoel                    Rekening vir Maart 2016
Bus 31                                        Datum : 28/03/2016
Komhier                                       Betaal voor 14 / 04 / 2016
001908                                        Rekeningnommer : 10416
Beskrywing Hoeveelheid Bedrag BTW Bedrag
Balans oorgedra          639,45
Betaling ontvang          -639,45
Water 35 43,75 49,88 93,63
Elektrisiteit 288 478,08 66,93 545,10
Vullis verwydering    50,00 7,00 57,00
Riolering 35 70,00 9,80 79,80
Erfbelasting          410,12
Bedrag betaalbaar    572,53 133,61 1 185,65
  
Meterlesings Eiendomsinligting
Soort Vorige Huidge Erfnommer 0236
Water 1206 1241 Grootte (ha) 0,1
Elektrisiteit 80136 80324 Grootte (ha) 0,1
         Waardasie 350 000
         Belasting 4 921,44
  
Notas : 1. Watertarief : R1,10 /kiloliter - eerste 6 kiloliter gratis
            2. Elektrisiteitstarief : R1,45 / eenheid
            3. Rente teen 15% p.a. word gehef op bedrae wat te laat
                betaal word,
5.
Bestudeer die bankstaat van 'n spaarrekening.
5.1
Wat is die datum van die faktuur en
wat is die nommer van die staat?
5.2
Waarom word kommas en punte in
die bedrae gebruik en wat is
die betekenis daarvan?
5.3
Watter rentekoers geld vir
hierdie rekening?
5.4
Bereken die rente verdien.
5.5
Wat beteken
"Rente gekapitaliseer"
5.6
Wat is die Saldo na die
inskrywing " Rente gekapitaliseer"
5.7
Waarom is daar 'n negatiewe teken
teken na die waardes in die
Debiete kolom?
5.8
Wat is die Saldo op die 30ste April?
Ons Nuwebank
Bus 21                    Foon: 088 968 0001         2 Mei 2005
Wegloop                 Faks: 088 968 0002         Staatnommer : 51
081908       
Mej. S. Marais      
Bus 18      
Wegloop      
081908       
Bankstaat / Belastingfaktuur
SpaarNou                               Rekeningnommer : 12300075
    
Besonderhede Datum Debiete Krediete Saldo
Saldo oorgebring          1,986.32
Rente gekapitaliseer            
Oorplasing na rekening 223001021 04:18 800.00-    1,187.98
Diensgeld 04:30 19:20-    1,168.78
Koers Betaalbaar soos op 1 April 2005
     
        0.00  −  1,999.00    1%          2,000.00  −  3,999.00    2%
  4,000.00  −  5,999.00    2.25%     6,000.00  −  9,999.00    2.5%
10,000.00  − 49,999.00    3%       50,000.00   en meer        3,5%
      
Rente word maandeliks saamgestel.
    
Kontroleer asseblief alle inskrywings en rapporteer enige verskille
6.
Bestudeer die bankstaat van 'n lopende / tjek rekening.
6.1
Wat is die datum en die nommer
van die faktuur?
6.2
Waarom word die saldo
oorgebring met 'n negatiewe
teken aangedui?
6.3
Waarom word die bedrae in die
Debiete kolom met 'n negatiewe
teken aangedui?
6.4
Bereken die saldo nadat ABC
Dienste die salaris inbetaal het.
Wat en waarom is die teken
van die Saldo?
6.5
Bereken die saldo op 04:05.
Verduidelik jou antwoord.
6.6
Bereken die saldo op 04:06.
6.7
Bereken die saldo op 04:18
6.8
Bereken die saldo op 04:29
6.9
Bereken die rente op die
oortrokke rekening.
6.10
Bereken die saldo op 04:30
Ons Nuwebank
Bus 21                  Foon: 088 968 0001         2 Mei 2005
Wegloop               Faks: 088 968 0002         Staatnommer : 251
081908       
Mej. S. Marais      
Bus 18      
Wegloop      
081908       
Bankstaat / Belastingfaktuur
LekkerMaklik                          Rekeningnommer : 223001021
    
Besonderhede Datum Debiete Krediete Saldo
Saldo oorgebring          3,814.21−
ABC Dienste - salaris 04.01    7,420.00   
Premie - lewenspolis 04.01 421.00−    3,184.79
Premie - versekering 04.01 318.75−    2,866.04
VeiligheidEerste 04.01 216.00−    2,648.04
Ons Nuwebank - paaiement op motor 04.02 1,850.00−    798.04
Werksaam Motorhawe 04.05 821.00−      
LekkerKoop 04.06 2,430.25−      
Kontant onttrek 04.10 900.00−    3,353.21−
Werksaam Motorhawe 04.12 212.00−    3,565.21−
Oorplasing van rekening 12300075 04:18    800.00   
LekkerKoop 04.26 1,660.55−      
Diensgeld 04:30 99:00−    4,524.76−
Rente - oortrokke rekening 04:30         
Koers Betaalbaar soos op 1 April 2005
     
Rente word op oortrokke rekeninge gehef teen 13,5% p.j. en
word maandeliks saamgestel.
    
Kontroleer asseblief alle inskrywings en rapporteer enige verskille
7.
Beskou die kasregisterstrokie langsaan.
7.1
Hoeveel items is gekoop?
7.2
Hoeveel plastiek dra sakke is gekoop?
7.3
Wat is die volume van die sakke?
7.4
Hoeveel items wat van BTW vrygestel is, is
gekoop?
7.5
Wat is die waarde van die items in 7.4?
7.6
Wat is die waarde van die items waarop
BTW betaal is?
7.7
Watter verpakking van eiers is die
goedkoopste - die 18 eiers per pak
of die 6 eiers per pak?
Toon al jou berekeninge.
7.8
Wat kos geel perskes per kilogram?
Goedkoop Winkel
Beetfontein
Foon : 000 010 0203
Kassiere: Yolande Bezuidenhout
  
APPELS ROOI    17.99 #
APPEL ASYN 375 ml    12.79  
ROSYNTJIES KEURGRAAD    18.90  
MIELIES HEELPITTE        
2 @ 10.99    21.98
MIELIES VERROOM        
2 @ 11.99    23.98  
VRUGTESAP BESSIES    14.99  
TUNA IN SOUTWATER        
2 @ 15.99 31.98  
PERSKES GEEL 0.96 KG    34.56 #
WORTELS LOS 0.75 KG    11.24 #
AARTAPPLES KLEIN 0.6 KG    6.00 #
EIERS GROOT 18 PAK    29.99 #
EIERS GROOT 6 PAK    9.99 #
NESTLE KIT KAT    19.99   
SAKKE DRA PLASTIEK 24 l         
4 @ 0.46    1.84   
TOTAAL VERSKULDIG   BTW INGESLUIT   256.22   
AANTAL ITEMS    20   
- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
BTW INGESLUIT    17.98   
# VRYGESTEL VAN BTW         
8.
Meegaande grafiek toon die maandelikse
koste van oproepe vanaf 'n selfoon.
8.1
Waarom begin die grafiek in die
oorsprong, die punt (0 ; 0)?
8.2
Is koste direke eweredig aan tyd?
Verduidelik jou antwoord.
8.3
Skat die volgende waardes:
8.3.1
koste as tyd = 100 minute.
8.3.2
tyd as koste = R100
8.3.3
koste as tyd = 150 minute.
8.3.4
tyd as koste = R180
8.4
Bereken die koste per minuut as gegee is dat die koste = R200 as tyd = 250 minute
8.5
Gebruik die resultaat in 8.4 om jou antwoorde in 8.3 te toets.
9.
'n Selfoonmaatskappy bied 'n kontrak aan waar die koste R0,50 per minuut is.
9.1
Voltooi nou die volgende tabel:
Tyd (minute) 0 10 50 200 250 300 400
Koste (R)                     
9.2
Is koste direk eweredig aan tyd? Gee 'n rede. Wat sal die vorm van 'n grafiek wees wat
die gegewens voorstel?
9.3
Trek 'n grafiek om die gegewens voor te stel.
9.4
Gebruik die letters A, B, C en D om die punte te merk waar jy die volgende aflesings sal
maak. Gee dan ook die waarde wat jy gelees het.
9.4.1
koste as tyd = 100 minute [ A ]
9.4.2
tyd as koste = R100 [ B ]
9.4.3
koste as tyd = 150 minute [ C ]
9.4.4
tyd as koste = R125 [ D ]
9.5
Die maatskappy verhoog nou die koste na R0,75 per minuut. Hoe moet jy jou grafiek verander om die nuwe koste te toon? Trek nou op dieselfde assestel die grafiek wat die koste teen R0,75 voorstel.
10.
Meegaande grafiek stel die koste van 'n
selfoonkontrak voor.
10.1
Waar begin die grafiek?
Gee 'n rede vir jou antwoord.
10.2
Skat die volgende waardes:
10.2.1
koste as tyd = 100 minute.
10.2.2
tyd as koste = R100
10.2.3
koste as tyd = 150 minute.
10.2.4
tyd as koste = R178
10.3
Bereken die koste per minuut as gegee is
dat die koste = R150 as tyd = 250 minute
10.4
Gebruik die resultaat in 10.3 om jou antwoorde in 10.2 te toets.
11.
Meegaande grafiek stel die koste van 'n
selfoonkontrak voor.
11.1
Waar begin die grafiek?
Gee 'n rede vir jou antwoord.
11.2
Verklaar die vorm die grafiek van A na B.
11.3
Verklaar die vorm die grafiek van B na C.
11.4
Skat die volgende waardes:
11.4.1
koste as tyd = 80 minute.
11.4.2
tyd as koste = R80
11.4.3
koste as tyd = 250 minute.
11.4.4
tyd as koste = R175
11.5
Bereken die koste per minuut as gegee is dat die koste = R200 as tyd = 400 minute
11.6
Gebruik die resultaat in 11.5 om jou antwoorde in 11.4 te toets.
  
Na bo Antwoorde Oefeninge - Graad 10 Oefeninge - Graad 11 Oefeninge - Graad 12 Tuisblad