Graad 10 - Nog Oefeninge.

Koers, verhouding, eweredigheid en spoed

1. Vier kilogram aartapples kos R28,45.
1.1 Sal 15 kg aartappels minder of meer kos?
1.2 Watter soort eweredigheid is dit die?
1.3 Wat sal 15 kg aartappels kos?
1.4 Hoeveel aartappels kan jy koop vir R77,10?
     
2. Wat sal 8 pampoene kos as 3 pampoene R19,26 kos?
     
3. 34,25 liter petrol kos R234,61
3.1 Wat sal 68,21 liter petrol kos?
3.2 Hoeveel liter petrol kan gekoop word met R816,20?
     
4. 'n Seun draf 9 km in 36,5 minute.
4.1 Hoe lank sal hy aan 21 km draf?
4.2 Hoe ver draf hy in 55,8 minute?
     
5. 'n Motor ry 53,5 km in 33,4375 minute.
5.1 Wat is die spoed van die motor in km/uur?
5.2 Hoe ver sal die motor in 3,5 uur ry?
5.3 Hoe lank sal dit duur om 38,7 km te ry?
     
6. 'n Man draf teen 15 km/h.
6.1 Hoe ver draf hy in 1 sekonde?
6.2 Hoe ver draf hy in 0,72 uur?
6.3 Hoe lank sal hy aan 48,2 km draf?
     
7. Ses mans spit 'n stuk grond om in 3 dae.
7.1 Sal meer mans langer neem om die stuk grond om te spit?
7.2 Watter soort eweredigheid is dit die?
7.3 Hoe lank sal 15 mans neem om die stuk grond om te spit?
7.4 Hoeveel mans sal die stuk grond in 2 dae kan omspit?
     
8. 'n Man sny 17 snye van 'n brood af.'n Kind kry 3 snye vir aandete. Hoeveel kinders kan
   met 6 brode gevoed word?
     
9. Daar is 42 lekkers in 'n blik.
9.1 Hoeveel kinders kry elk 6 lekkers?
9.2 Hoeveel lekkers kry elke kind as daar 21 kinders is?
     
10. 'n Motor ry 31,947 km met 2,3 liter petrol.
10.1 Is meer of minder petrol nodig om 100 km te ry?
10.2 Watter soort eweredigheid is dit die?
10.3 Hoeveel liter petrol is nodig om 100 km te ry?
10.4 Hoe ver kan die motor met 18.6 liter petrol ry?
     
  
Na bo Antwoorde Oefeninge - Graad 10 Oefeninge - Graad 11 Oefeninge - Graad 12 Tuisblad