Graad 11 - Nog oefeninge.

Reguit lyn grafieke.

1.    Die grafiek toon die massa graan wat van 'n
       land van gegewe oppervlakte gestroop kan word.
       Lees van die grafiek die antwoorde op die volgende
       vrae:
1.1    Die massa graan wat gestroop kan word van
1.1.1    10 Ha.
1.1.2    34 Ha.
1.2    Die oppervlakte benodig om die volgende massa
        graan te stroop
1.2.1    150 ton.
1.2.2    200 ton.
1.3    Wat is die kleinste oppervlakte benodig om
        100 ton graan te produseer?
1.4    Wat is die maksimum massa wat van 40 Ha gestroop
        kan word?
1.5    Is die massa graan gestroop direk eweredig aan die
        oppervlakte? Verduidelik jou antwoord.

2.    Meegaande grafiek toon die volume petrol wat
        benodig word om 'n sekere afstand af te lê.
        Lees van die grafiek die antwoorde op die
       volgende vrae:
2.1    Hoeveel petrol is nodig om
2.1.1    70 km te ry?
2.1.2    200 km te ry?
2.2    Hoe ver kan jy ry met
2.2.1    5 liter petrol?
2.2.2    30 liter petrol?
2.3    Wat is die gemiddelde brandstofverbruik
        (uitgedruk in liter/100km)?
2.4    Gebruik hierdie getal om die antwoorde op
        vrae 2.1 en 2.2 te bereken.

3.    Die tabel hieronder toon die tyd benodig om 'n sekere afstand te ry.

        Afstand (km)    170      300      340      420         b      595      786
        Tyd          (h)       2         a          4          5        6,5        7        9,25

                                    afstand
3.1    Bly die koers    --------------    dieselfde? Bereken drie koerse om jou antwoord te bevestig.
                                       tyd

3.2    Watter vorm sal die grafiek van afstand teen tyd hê? Verduidelik jou antwoord.
3.3    Teen watter gemiddelde spoed ry die motor? Bly hierdie gemiddelde spoed konstant?
3.4    Bereken die waarde van a en van b in die tabel.
3.5    Trek 'n grafiek van tyd, op die x-as, teen afstand, op die y-as vir 'n periode van 9,25 uur.
3.6    Lees van jou grafiek die antwoorde op die volgende vrae en merk die punte waar jy die lesings neem
         met die letter in hakies gegee:
3.6.1    Die tyd nodig om 128 km te ry (A)
3.6.2    Die afstand gery in 9 uur. (B)
3.6.3    Die maksimum afstand wat in 8,25 uur gery kan word. (C)

4.
Die diagram regs toon die grafiek
van y = 2x + 3.
4.1
Skryf die waardes van m en van c neer.
4.2
Skryf die koördinate van B en A neer.
4.3
Stem hierdie waardes ooreen met jou antwoorde in 1.1?
4.4
Skryf die koördinate van P, Q en D neer.
4.5
Skryf neer die lengtes van PD en van QD.
      QD
4.6
Bereken die waarde van   ------- .
      PD
4.7
Hoe vergelyk hierdie waarde met die van m?
4.8
Herhaal met die koers van TV en SV.
4.9
Hoe vergelyk hierdie waarde met die waarde van m?
5.
Meegaande diagram toon die grafiek
van y = 4 - 2x.
5.1
Skryf die waardes van m en c neer.
5.2
Bereken die waarde van m deur
      FG           SQ
die waarde van die koerse   -----   en   ----- te bereken.
      DG           PS
5.3
Hoe vergelyk hierdie waardes met die van m?
5.4
Skryf neer die koördinate van A en B.
Trek die volgende grafieke deur die nulpunte (afsnitte op die asse) te bereken.
6.
y = x + 3
7.
y = 6 - x
2
8.
y =   ----  x + 1
3
3
9.
y = 2 -   ----  x
4
10.
Bereken die vergelyking van die lyn wat deur die punte (0 ; -5) en (2,5 ; 0) loop en trek dan die grafiek.
11.
Bereken die vergelyking van die lyn wat deur die punte (0 ; 5) en (2,5 ; 0) loop en trek dan die grafiek.
Bereken die vergelyking van die lyn wat deur die punte . . . . loop.
12.
(-2 ; -10) and (3 ; 20)
13.
(-4 ; 34) and (5 ; -11)
14.
(-5 ; -9) and (15 ; 3)
Bereken die vergelyking van die lyn wat deur die gegewe punte loop en trek dan die grafiek
15.
A(-1 ; 1) en B(1 ; 7)
16.
A(-1 ; 7) en B(2 ; -2)

  
Na bo Antwoorde Graad 11 - Oefeninge Graad 10 - Oefeninge Graad 12 - Oefeninge Tuisblad