Graad 12 - Nog oefeninge : Antwoorde.

Gemiddelde, mediaan, modus en variasiewydte.

Nommer Gemiddelde Mediaan Modus Variasiewydte
1.1 20,909 20 19 12
1.2 16,5 17 17 11
1.3 56,429 59 60 25
1.4 54,889 51 50 en 51 31
1.5 25 25 geen modus 24
1.6 19 19 19 10
1.7 12,8 13 15 21
1.8 33,556 33 37 7
2.1
Gemiddelde = 34   ;   mediaan = 34   ;   modus = 34   en variasiewydte = 6
Die datawaardes is nie te verspreid nie en daarom beskryf die gemiddelde, mediaan en modus
aldrie die data goed.
2.2
Gemiddelde = 9,889   ;   mediaan = 7   ;   modus = 7   en variasiewydte = 25
Die uitloper 31 beïnvloed die gemiddelde. Die gemiddelde is dus nie ’n betroubare beskrywing
van die data nie. Die mediaan en modus is beter beskrywings.
2.3
Gemiddelde = 12,667   ;   mediaan = 15   ;   modus = 15   en variasiewydte = 13
Die uitloper 3 beïnvloed die gemiddelde. Die gemiddelde is dus nie ’n betroubare beskrywing
van die data nie. Die mediaan en modus is beter beskrywings.
2.4
Gemiddelde = 19,667   ;   mediaan = 20   ;   modus = 20   en variasiewydte = 6
Die gemiddelde is nie te sleg nie   —   dit word beïnvloed deur die waardes wat effens na
links skeef is. Die mediaan en modus is goeie beskrywings.
2.5
Gemiddelde = 28   ;   mediaan = 23   ;   modus = 22   en variasiewydte = 41
Die uitloper 62 het ’n groot invloed op die gemiddelde. Die gemiddelde is dus nie ’n betroubare
beskrywing van die data nie. Die modus is effens te klein. Die mediaan is die beste beskrywing.
2.6
Gemiddelde = 52,5   ;   mediaan = 52,5   ;   modus = geen modus nie   en variasiewydte = 79
Die uitlopers 13 en 92 veroorsaak dat die gemiddelde 'n goeie beskrywing is. Die mediaan is ook
’n goeie beskrywing van die data. Die modus bestaan nie en kan dus nie gebruik word nie.
3.
Nommer 3.1 3.2 3.3 3.4
mediaan 23,5 63 14 40,5
1ste kwartiel, Q1 16 53 9 35
2de kwartiel, Q2 23,5 63 14 40,5
3de kwartiel, Q3 35 75 31 44
interkwartielwydte 19 22 22 9
20ste persentiel, P20 15 51 7 34
25ste persentiel, P25 16 53 9 35
75ste persentiel, P75 35 75 31 44
80ste persentiel, P80 36 92 34 48
grense vir middelste 50% 16 tot 35 53 tot 75 9 tot 31 35 tot 44
maksimum vir onderste 25% 16 53 9 35
minimum vir boonste 20% 36 92 34 48
4.
Moontlik kan die volgende help: Daar is 5 verskillende waardes en dus kan ons dit so skryf :
a   ;   b   ;   c   ;   d   ;   e
Ons weet ook dat die grootste waarde 28 is, dat die mediaan 24 is en dat die variasiewydte 10 is
Die mediaan is die waarde presies in die middel en dus is c = 24 en a = 28 – 10
Die waardes is dus:   a   ;   b   ;   24   ;   d   ;   28
4.1
Die kleinste waarde   =   grootste waarde   –   variasiewydte
  =   28   –   10   =   18
Die waardes is dus 18   ;   b   ;   24   ;   d   ;   28
4.2
Daar is nie ’n modus nie aangesien die waardes almal verskillend is.
4.3
Die waardes is dus 18   ;   b   ;   24   ;   d   ;   28
Dus is daar 2 waardes kleiner as die mediaan en 2 groter as die mediaan.
4.4
Een. Kyk na die waardes wat ons neergeskryf het. Slegs d is tussen die mediaan, 24, en die
grootste waarde, 28.
4.5
Benaderde som = gemiddelde X aantal waardes
= 23,2 X 5 = 116
5.
Skryf weer ’n stel waardes neer om te help: a   ;   b   ;   c   ;   d   ;   e   ;   f   ;   g
Vervang met wat bekend is: 14   ;   b   ;   c   ;   17   ;   e   ;   f   ;   g
5.1
Grootste waarde = kleinste waarde + variasiewydte = 14 + 6 = 20
5.2
Die waardes is nou 14   ;   b   ;   c   ;   17   ;   e   ;   f   ;   20
Drie waardes is kleiner as 17 en 3 is groter as 17. Daar is 7 waardes en die mediaan is die
waarde wat presies in die middel is, nl. 17.
5.3
Som = 17,143 x 7 = 120
5.4
Daar is 3 waardes kleiner as 17 en 14 is die kleinste waarde. Daarom is daar 2 waardes
tussen 14 en 17 .
5.5
Daar is 3 waardes groter as 17 en 20 is die grootste waarde. Daar is dus 2 waardes
tussen 17 en 20. Die modus is 19 en dit is die waarde met die grootste frekwensie.
Daar "kort" 2 waardes en dus moet 19 en 19 die twee waardes wees.
6.
Skryf weer ’n hulpstel waardes neer:  7   ;   b   ;   c   ;   d   ;   17   ;   f   ;   g   ;   h   ;   i
6.1
Grootste waarde = 7 + 26 = 33
6.2
Die waardes is nou:  7   ;   b   ;   c   ;   d   ;   17   ;   f   ;   g   ;   h   ;   33
Die mediaan is die middelste waarde en dit is 17.
Daar is 4 waardes kleiner as die mediaan en 4 waardes groter as die mediaan.
6.3
Die gemiddelde is 18 en die waardes is almal heelgetalle. Die gemiddelde, 18, is dus die
eerste waarde na die mediaan, 17. Die waardes is dus
nou:  7   ;   b   ;   c   ;   d   ;   17   ;   18   ;   g   ;   h   ;   33.
Daar is dus 3 waardes groter as die gemiddelde.
6.4
Al die waardes is heelgetalle sodat die mediaan, 17, die eerste getal is wat groter as 16 is.
Die modus is 27. Daar is twee waardes tussen 18 en 33 en dus moet g = h = 27.
Die getalle groter as 16 is dus: 17   ;   18   ;   27   ;   27   ;   33
6.5
Som van al die waardes = gemiddelde X aantal waardes
= 18 X 9   = 162
6.6
Die som van die waardes in 6.4 = 122
6.7
Die som van al die waardes kleiner as die mediaan = (som van al die waardes) – (som in 6.6)
= 40
7.
Skryf weer ’n hulpstel neer: 2   ;   b   ;   c   ;   d   ;   e   ;   (9)   ;   f   ;   g   ;   h   ;   i   ;   j    (9) is die modus
7.1
Die grootste waarde = 2 + 19 = 21
7.2
Volgens ons hulpstel is 5 waardes kleiner en 5 waardes groter as die mediaan, 9, omdat die
mediaan die middelste waarde is.
7.3
Ja. Die mediaan is die middelste waarde en dus is die helfte, of 50%, van die waardes kleiner
as die mediaan.
7.4
Dit hang van f se waarde af. As f = 10, is daar 4 waardes wat groter as die gemiddelde, 10,5, is.
As f ≥ 11, is daar 5 waardes groter as die gemiddelde.
7.5
Die benaderde som van al die waardes = 10 X 10,5 = 105
7.6
Die modus het ’n frekwensie van 2 en ’n waarde van 8. Volgens ons hulpstel is daar
5 waardes kleiner as 9. Twee van hierdie waardes is 8. Daar is 3 waardes kleiner as 8.
Drie waardes is kleiner as die modus.
8.1
Totale aantal lopies = 23,1 x 7 = 161,7,   i.e. 162 lopies
Trek sy eerste 6 tellings af en dan het hy 31 lopies in die 7de wedstryd aangeteken.
8.2
Nee. Vier tellings is minder as 10 en 5 tellings is onder die gemiddelde.
8.3
Gemiddelde = 138 ÷ 7   =   19,7
8.4
Die tweede kolwer. Sy tellings is aanhoudend naby aan sy gemiddelde.
  
Na bo Oefening Graad 12 - oefeninge Graad 10 - oefeninge Graad 11 - oefeninge Tuisblad