Graad 12 - Nog oefeninge.

Reguit lyn grafieke.

1.
Meegaande diagram toon die
grafiek van die afstand afgelê deur
elk van twee motors, A en B.
1.1
Beskryf motor A se beweging vir
die eerste 2 uur, d.i. van t = 0 tot t = 2.
1.2
Wat gebeur by punt P?
1.3
Teen watter spoed ry motor A
gedurende die eerste 2 uur?
1.4
Watter motor se spoed is die grootste
van t = 0 tot t = 2? Verduidelik.
1.5
Teen watter gemiddelde spoed ry motor A van t = 0 tot t = 3 uur? Verduidelik.
1.6
Teen watter gemiddelde spoed ry motor B van t = 0 tot t = 3 uur?
1.7
Is daar ’n tyd wanneer die motors teen dieselfde spoed ry? Verduidelik.
1.8
Beide motors ry teen dieselfde gemiddelde spoed vir die reis, d.i. van t = 0 tot t = 6 uur.
Stem jy saam? Verduidelik.
2.
Meegaande diagram toon die grafiek
van f:   y = 2x + 3 .
2.1
Bereken die waarde van y as x = –2
en x = 8.
2.2
Bereken die waarde van x as y = 4
en as y = –5
g is ’n tweede lyn gedefinieer
deur y = 18 – 0,5x
2.3
Bereken die waarde van y op g as x = –2 en as x = 8.
2.4
Bereken die waarde van x op g as y = 17 en as y = 13.
2.5
Bereken die koördinate van P, die snypunt van f en g.
2.6
Sê watter van die volgende stellings is waar en gee ’n rede:
As x = –2 dan (a) 2x + 3 = 18 – 0,5x   OF   (b) 2x + 3 < 18 – 0,5x   OF   (c) 2x + 3 > 18 – 0,5x
2.7
Sê watter een van die volgende stellings is waar en gee ’n rede:
As x = –2 dan (a) f = g   OF  (b) f < g   OF   (c) f > g .
2.7
Herhaal 2.6 maar met x = 8.
2.8
Sê vir watter waarde(s) van x sal (a) f < g   (b) f = g   (c) f > g
2.9
M(–2 ; –1) is ’n punt op f en N(–2 ; 19) is ’n punt op g. Skryf die lengte van lyn MN neer.
2.10
Skryf nou die waarde van f – g neer as x = –2.
2.11
Bereken die waarde van f – g as x = 8   ;   x = 0,5 en x = –4,5.
2.12
Vir watter waarde(s) van x sal   f = 0   ;   f < 0   ;   f > 0
2.13
Vir watter waarde(s) van x sal   f.g < 0   OF   f.g = 0   OF   f.g > 0 ?
3.
Die diagram toon die grafiek, f, van die
inkomste verkry uit die verkoop van n items
en die grafiek, g, van die koste om die
n items te vervaardig.
Die grafieke f en g sny in punt P.
3.1
Waarom begin die lyn f in die oorsprong (0 ; 0)?
3.2
Waarom begin die grafiek van g nie
in die oorsprong nie?
3.3
Wanneer word ’n wins gemaak? Gebruik die
grafieke f en g om die vraag te beantwoord.
3.4
Lees van die grafiek die inkomste verdien uit die verkoop van 4 items.
3.5
Toon aan dat die gradiënt van die lyn f 1,5 is.
3.6
Die grafiek van f gaan deur die oorsprong (0 ; 0). Skryf die vergelyking van die lyn f neer.
3.7
Die vergelyking van die lyn g is y = 0,875x + 5. Toon aan dat P, die snypunt van f en g,
die punt (8 ; 12) is.
3.8
Word ’n wins gemaak as
3.8.1
8 items verkoop word?
3.8.2
minder as 8 items verkoop word?
3.8.3
meer as 8 items verkoop word?
3.9
Hoeveel wins word gemaak van die verkoop van 4 en van 10 items?
3.10
Die wins wat gemaak word moet ten minste R2,5 wees. Hoeveel items moet verkoop word?
  
Na bo Antwoorde Graad 12 - oefeninge Graad 10 - oefeninge Graad 11 - oefeninge Tuisblad