Graad 12 - Nog oefeninge.

Verskillende soorte grafieke.

1.
Die diagramme hieronder toon die grafieke van veranderlikes a en b. Veranderlike a word op die
horisontale as, die x-as, gestip en b op die vertikale as, die y-as.
Sê, met redes, wat die verband tussen a en b is. Gebruik die uitdrukkings direk eweredig,
omgekeerd eweredig of onbekend om die verband tussen a en b te beskryf.
1.1
1.2
1.3
1.4
1.5
1.6
1.7
1.8
1.9
1.10
1.11
1.12
2.
Die tabel hieronder toon die koste om n artikels te vervaardig:
Aantal artikels, n 1 2 5 6 8
Koste 4 8 20 24 32
2.1
Sal die koste om n artikels te vervaardig direk eweredig wees aan n, die aantal artikels?
Verduidelik.
2.2
Wat sal die vorm van die grafiek wees as aantal artikels op die x-as en koste op die y-as
gestip word? Verduidelik jou antwoord.
2.3
Trek die grafiek van aantal artikels op die x-as en koste op die y-as.
2.4
Het die grafiek die vorm wat jy in 2.2 voorspel het?
2.5
Lees die gevraagde waardes van die grafiek en merk die plek waar die lesing geneem word
duidelik met die letter in hakies.
2.5.1
koste om 4 artikels te vervaardig (P).
2.5.2
die aantal artikels wat vervaardig word as die koste R26 is. (Q)
2.6
Is die antwoord in 2.5.2 ’n geskikte antwoord? Verduidelik.
3.
Die tabel hieronder toon die aantal ure wat ’n sekere aantal mans moet werk om ’n taak te voltooi:
Aantal mans 1 2 3 6 16 24 48
Aantal ure 48 24 16 8 3 2 1
3.1
Is die aantal ure direk eweredig aan die aantal mans? Verduidelik.
3.2
Wat sal die vorm van die grafiek van aantal mans op die x-as en die aantal ure op die y-as wees?
Verduidelik.
3.3
Trek die grafiek van aantal mans op die x-as en die aantal ure op die y-as.
3.4
Het die grafiek die vorm wat jy in 3.2 voorspel het?
3.5
Lees die gevraagde waardes van die grafiek en merk die plek waar die lesing geneem word.
3.5.1
Hoeveel uur moet 5 mans werk om die taak te voltooi? Is dit ’n geskikte antwoord? Verduidelik.
3.5.2
Hoeveel mans moet 20 uur werk om die taak te voltooi? Is dit ’n geskikte antwoord? Verduidelik.
3.6
Wat is die meeste tyd wat aan die werk bestee kan word as almal ewe vinnig werk? Verduidelik.
3.7
Kan die werk in 15 minute voltooi word? Hoeveel mans sal nodig wees? Is dit
'n geskikte oplossing? Verduidelik.
4.
In ’n eksperiment verkry ’n student die volgende waardes:
a 0 1 2 3 4 8
b 0 3 6,05 7,9 12,5 23,9
4.1
Kan die student beweer dat b direk eweredig aan a is? Verduidelik.
4.2
Skryf ’n verband tussen a en b in woorde en in simbole neer.
4.3
Watter vorm sal die grafiek van a, op die x-as, en b, op die y-as, hê? Verduidelik.
4.4
Trek die grafiek van a, op die x-as, en b, op die y-as.
4.5
Lees van die grafiek die volgende waardes en merk die punt waar jy die lesing neem met die
letter in hakies:
4.5.1
die waarde van b as a = 6 (P)
4.5.2
die waarde van a as b = 10,5 (Q)
4.6
Gebruik die formule wat jy in 4.2 neer geskryf het om die waardes van a en b in 4.5.1 en 4.5.2
te bereken. Hoe stem die berekende waardes ooreen met die gelese waardes?
5.
Onderstaande tabel bevat waardes vir a en b.
a 1 4 8 16
b 16 4 2 1
5.1
Is b direk eweredig aan a? Motiveer jou antwoord.
5.2
Beskryf die verband tussen a en b in woorde en in simbole.
5.3
Watter vorm sal die grafiek van a teen b hê? Motiveer jou antwoord.
5.4
Trek die grafiek van a, op die x-as, en b, op die y-as.
5.5
Lees van die grafiek die volgende waardes en merk die punt waar jy die lesing neem met die
letter in hakies:
5.5.1
die waarde van b as a = 8 (P)
5.5.2
die waarde van a as b = 10 (Q)
5.6
Gebruik die formule wat jy in 5.2 neer geskryf het om die waardes van a en b in 5.5.1 en 5.5.2
te bereken. Hoe stem die berekende waardes ooreen met die gelese waardes?
6.
Onderstaande tabel bevat waardes vir a en b.
a 0 1 2 4
b 0 1 4 16
6.1
Is b direk eweredig aan a? Motiveer jou antwoord.
6.2
Beskryf die verband tussen a en b in woorde en in simbole.
6.3
Watter vorm sal die grafiek van a teen b hê? Motiveer jou antwoord.
6.4
Trek die grafiek van a, op die x-as, en b, op die y-as.
6.5
Lees van die grafiek die volgende waardes en merk die punt waar jy die lesing neem met die
letter in hakies:
6.5.1
die waarde van b as a = 1,5 (Q)
6.5.2
die waarde van a as b = 9 (P)
6.6
Gebruik die formule wat jy in 6.2 neer geskryf het om die waardes van a en b in 6.5.1 en 6.5.2
te bereken. Hoe stem die berekende waardes ooreen met die gelese waardes?
7.
’n Boer wil ’n hoenderhok, met oppervlakte 36 m², maak. Help die boer asseblief.
7.1
Skryf die verband tussen lengte en breedte in woorde en in simbole neer.
7.2
Wat sal die vorm van die grafiek van lengte, op die x-as, en breedte, op die y-as, wees? Verduidelik
7.3
Stel ’n tabel met sinvolle moontlike waardes vir die lengte en breedtre op.
7.4
Trek ’n grafiek, f, van lengte op die x-as en breedte op die y-as.
7.5
Lees van die grafiek die volgende mates af en merk die punt waar die lesing geneem is met
die letter in hakies:
7.5.1
die breedte as die lengte 3 m is (P).
7.5.2
die lengte as die breedte 20 m is. (Q)
7.6
Trek die lyn g: y = x en laat f en g mekaar in R sny. Skryf die koördinate van R neer.
7.7
Wat is besonders aan punt R?
7.8
Die boer wil die hok in die vorm van ’n vierkant maak. Lees van die grafiek die lengte van die sye
van die vierkant en merk die punt waar die lesings geneem is.
7.9
Watter lengte sifdraad sal die boer nodig kry om die vierkant te omhein?
7.10
Die boer het 24,4 m sifdraad tot sy beskikking. Wat sal die afmetings van die hok wees?
  
Na bo Antwoorde Graad 12 - oefeninge Graad 10 - oefeninge Graad 11 - oefeninge Tuisblad