Graad 12 - Nog oefeninge.

Gemiddelde, mediaan, modus, variasiewydte, kwartiele en persentiele.

1.
Bereken die gemiddelde, mediaan, modus en variasiewydte van die volgende datastelle:
1.1
18   ;   24   ;   19   ;   20   ;   28   ;   19   ;   26   ;   21   ;   22   ;   16   ;   17
1.2
17   ;   14   ;   11   ;   18   ;   16   ;   17   ;   21   ;   12   ;   22   ;   17
1.3
38   ;   60   ;   63   ;   57   ;   60   ;   58   ;   59
1.4
50   ;   52   ;   58   ;   51   ;   49   ;   51   ;   80   ;   53   ;   50
1.5
14   ;   38   ;   23   ;   18   ;   27   ;   30
1.6
19   ;   13   ;   23   ;   19   ;   21   ;   19   ;   19
1.7
4   ;   17   ;   15   ;   11   ;   25   ;   15   ;   7   ;   15   ;   11   ;   8
1.8
37   ;   31   ;   33   ;   34   ;   32   ;   37   ;   31   ;   30   ;   37
2.
Sê watter van die volgende waardes, gemiddelde, mediaan en modus, beskryf elkeen van
die volgende datastelle die beste en gee redes:
2.1
36   ;   34   ;   31   ;   34   ;   37   ;   32   ;   34
2.2
   7   ;     8   ;   31   ;     6   ;     9   ;     7   ;     8   ;     7   ;     6
2.3
15   ;   11   ;    3   ;   16   ;   16   ;   15
2.4
20   ;   17   ;   20   ;   18   ;   23   ;   20
2.5
22   ;   26   ;   22   ;   62   ;   21   ;   25   ;   24   ;   22
2.6
51   ;   54   ;   92   ;   52   ;   48   ;   53   ;   57   ;   13
3.
Bereken vir elke stel data die mediaan, 1ste, 2de en 3de kwartiele, die interkwartielwydte,
die 20ste, 25ste, 75ste en 80ste persentiele. Sê ook tussen watter grense vind ons die
middelste 50% van die data waardes, wat is die maksimum waarde vir die onderste 25%
van die waardes en wat is die minimum vir die boonste 20% van die waardes.
3.1
16   ;   33   ;   38   ;     3   ;   23   ;   35   ;     8   ;   15   ;   37   ;   24   ;   36   ;   21   ;   18   ;   31
3.2
48   ;   71   ;   58   ;   49   ;   75   ;   57   ;   96   ;   67   ;   92   ;   51   ;   63   ;   95   ;   72   ;   51   ;   93   ;  
53   ;   54   ;   73   ;   55
3.3
  9   ;   13   ;   42   ;     2   ;   44   ;   15   ;   13   ;   31   ;   18   ;   43   ;    3   ;   14   ;   23   ;   13   ;     5   ;  
16   ;     4   ;   12   ;   41   ;    7   ;   25   ;   34   ;   11
3.4
40   ;   41   ;   31   ;   52   ;   44   ;   32   ;   41   ;   35   ;   49   ;   42   ;   34   ;   37   ;   36   ;   48   ;  
41   ;   35
4.
’n Datastel bestaan uit 5 verskillende waardes. Die gemiddelde is 23,2 en die mediaan is 24.
Die variasiebreedte is 10 en die grootste waarde is 28.
4.1
Bereken die kleinste waarde.
4.2
Skryf die waarde van die modus neer. Verduidelik jou antwoord.
4.3
Hoeveel waardes is kleiner as die mediaan en hoeveel is groter as die mediaan? Verduidelik.
4.4
Hoeveel waardes is tussen die mediaan en die grootste waarde? Verduidelik.
4.5
Bereken die benaderde som van al die datawaardes.
5.
Die gemiddelde van 7 datawaardes is 17,143 en die mediaan is 17. Die kleinste waarde is
14, die variasiewydte is 6 en die modus is 19.
5.1
Bereken die grootste waarde van die stel.
5.2
Hoeveel waardes is kleiner as 17 en hoeveel is groter as 17? Verduidelik.
5.3
Bereken die benaderde som van die datastel.
5.4
Hoeveel waardes is daar tussen 14 en 17?
5.5
Hoeveel waardes is tussen 17 en 20? Kan jy die waardes neerskryf? Verduidelik.
6.
’n Stel data bestaan uit 9 heeltallige waardes. Die kleinste waarde is 7 en die
variasiebreedte is 26. Die gemiddelde is 18, die mediaan is 17 en die modus is 27.
6.1
Skryf die grootste waarde neer.
6.2
Hoeveel waardes is kleiner as die mediaan en hoeveel is groter as die mediaan? Verduidelik.
6.3
Hoeveel waardes is groter as die gemiddelde? Verduidelik.
6.4
Skryf al die waardes groter as 16 neer.
6.5
Bereken die benaderde som van al die waardes.
6.6
Bereken die som van die waardes in 6.4
6.7
Bereken die som van al die waardes kleiner as die mediaan.
7.
’n Stel data bestaan uit 10 heeltallige waardes. Die mediaan is 9, die modus is 8 (frekwensie
van 2) en die gemiddelde is 10,5. Die kleinste getal is 2 en die variasiebreedte is 19.
7.1
Bereken die grootste waarde.
7.2
Hoeveel waardes is kleiner en hoeveel is groter as die mediaan? Verduidelik.
7.3
Is dit korrek om te beweer dat 50% van die waardes kleiner is as 9? Verduidelik.
7.4
Hoeveel waardes is groter as die gemiddelde? Verduidelik.
7.5
Bereken die benaderde som van al die waardes.
7.6
Hoeveel waardes is kleiner as die modus? Verduidelik.
8.
'n Kolwer het 'n gemiddelde van 23,1 lopies in 7 wedstryde aangeteken. Die lopies in die
eerste 6 wedstryde aangeteken was: 21   ;   8   ;   6   ;   88   ;   3   ;   5
8.1
Hoeveel lopies het hy in die sewende wedstryd aangeteken?
8.2
Beskryf die gemiddelde sy tellings goed? Verduidelik.
'n Tweede kolwer se tellings was soos volg: 23   ;   18   ;   20   ;   21   ;   17   ;   19   ;   20
8.3
Bereken die gemiddelde van sy tellings.
8.4
As jy 'n bestendige kolwer moes kies, sou jy die eerste of tweede kolwer kies? Verduidelik.
  
Na bo Antwoorde Graad 12 - oefeninge Graad 10 - oefeninge Graad 11 - oefeninge Tuisblad