Graad 12 - Nog Oefeninge.

Lineêre getal patrone, rekenkundige rye.

Onthou jy nog: Die eerste term = T1 = a ; die gemene verskil = d = Tn - Tn - 1 en
die algemene term = Tn = a + (n - 1)d
Doen nou onderstaande oefeninge :
1.
Beskou die volgende patroon / rekenkundige ry: 8; 13; 18; 23; . . .
1.1
Skryf die volgende twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
1.2
Bepaal die formule / reël vir die ry [Bepaal T n ].
1.3
Bereken die waarde van T 18
1.4
Watter term se waarde is 108?
1.5
Bepaal n sodat Tn > 92
2.
Beskou die volgende patroon / rekenkundige ry: 21; 27; 33; 39; . . .
2.1
Skryf die volgende twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
2.2
Bepaal die formule / reël vir die algemene term van die ry.
2.3
Bereken die waarde van T 21
2.4
Watter term se waarde is 81?
2.5
Bepaal n sodat Tn > 200
3.
Beskou die volgende patroon / rekenkundige ry: 62; 57; 52; 47; . . .
3.1
Skryf die volgende twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
3.2
Bepaal die formule / reël vir die algemene term van die ry.
3.3
Bereken die waarde van T 8
3.4
Watter term se waarde is - 38?
3.5
Bepaal n sodat Tn die laaste positiewe term is.
3.6
Bepaal n sodat Tn die eerste negatiewe term is.
4.
Beskou die volgende patroon / rekenkundige ry: 36; 30; 24; 18; . . .
4.1
Skryf die volgende twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
4.2
Bepaal die formule / reël vir die algemene term van die ry.
4.3
Bereken die waarde van T 15
4.4
Watter term se waarde is - 24?
4.5
Bepaal n sodat Tn = 0
4.6
Bepaal n sodat Tn die eerste negatiewe term is.
5.
Beskou die volgende patroon / rekenkundige ry: - 68; - 61; - 54; - 47; . . .
5.1
Skryf die volgende twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
5.2
Bepaal die formule / reël vir die algemene term van die ry.
5.3
Bereken die waarde van T 31
5.4
Watter term se waarde is - 19?
5.5
Bepaal n sodat Tn die eerste positiewe term is.
6.
Beskou die volgende patroon / rekenkundige ry: - 8; - 12; - 16; - 20; . . .
6.1
Skryf die volgende twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
6.2
Bepaal die formule / reël vir die algemene term van die ry.
6.3
Bereken die waarde van T 15
6.4
Watter term se waarde is - 40?
6.5
Bepaal n sodat Tn die laaste term kleiner as - 100 is.
6.6
Bepaal T23 - T21
7.
Gegee dat vir 'n rekenkundige ry T n = 7n - 3.
7.1
Skryf die eerste twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
7.2
Bepaal T 22 - T 18 .
8.
Vir 'n rekenkundige ry is T 21 = 89 en T 33 = 137
8.1
Skryf die eerste twee terme neer en toon aan hoe u dit bereken het.
8.2
Bepaal T n .
8.3
Bepaal T 26 .
9.
Vir 'n rekenkundige ry is T 11 = - 11 en T 25 = - 53
9.1
Bepaal T 17 .
9.2
Bepaal n sodat T n die laaste positiewe term is.
10.
Vir 'n rekenkundige ry is T 21 = 73 en T 43 = 227
10.1
Bepaal T 18 .
10.2
Bepaal n sodat T n die laaste positiewe term is.
11.
Vir 'n rekenkundige ry is T 1 = 13 en T 2 = 9
11.1
Bepaal T 12 .
11.2
As die nde term van die ry - 15 is, bepaal die waarde van n.
12.
Die eerste drie terme van 'n rekenkundige ry is 3x - 1; 5x; 8x - 2
12.1
Bepaal die waarde van x en dus die eerste drie terme van die ry.
12.2
Bepaal die waarde van T 9
13.
Die eerste drie terme van 'n rekenkundige ry is x + 3; 3x - 13; x - 9
13.1
Bepaal die waarde van x en dus die eerste drie terme van die ry.
13.2
Bepaal die waarde van T 11
14.
Die eerste drie terme van 'n rekenkundige ry is 18; x; 28
14.1
Bepaal die waarde van x en dus die formule vir die algemene term.
14.2
Bepaal die waarde van T 8
14.3
Bepaal die kleinste waarde van n sodat T n > 61
  
Na bo Antwoorde Oefeninge - Graad 12 Oefeninge - Graad 10 Oefeninge - Graad 11 Tuisblad