Graad 10 - Nog Oefeninge.

Patrone, tabelle en die verband tussen die getalle.

1. Beskou die ry getalle: 2 ; 5; 8; a; b; . . .
1.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word, bv. hoe word 5 gevorm as ons met 2 begin?
    Geld jou reël ook vir 8?
1.2 Bepaal die waardes van a en b.
1.3 Skryf die 8ste getal in die ry neer.
1.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 17?
     
2. Beskou die ry getalle: –4 ; –1; 2; 5; f; g; . . .
2.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
2.2 Bepaal die waardes van f en g.
2.3 Skryf die 7de getal in die ry neer.
2.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 26?
     
3. Beskou die ry getalle: 4; 2; 0; a; b; . . .
3.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
3.2 Bepaal die waardes van a en b.
3.3 Skryf die 11de getal in die ry neer.
3.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan -12?
     
4. Beskou die ry getalle: –8 ; –13; –18; p; q; . . .
4.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
4.2 Bepaal die waardes van p en q.
4.3 Skryf die 8ste getal in die ry neer.
3.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan -63?
     
5. Beskou die ry getalle: 118 ; 124; 130; r; s; . . .
5.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
5.2 Bepaal die waardes van r en s.
5.3 Skryf die 9de getal in die ry neer.
5.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 178?
5.5 Watter getal in die ry is die eerste getal wat groter as 200 is en
   hoe groot is hierdie getal?
     
6. Beskou die ry getalle: 2; 4; 8; 16; a; b; . . .
6.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
6.2 Bepaal die waardes van a en b.
6.3 Skryf die 8ste getal in die ry neer.
6.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 2048?
     
7. Beskou die ry getalle: 3; 9; 27; c; d; . . .
7.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
7.2 Bepaal die waardes van c en d.
7.3 Skryf die 7de getal in die ry neer.
7.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 19 683?
     
8. Beskou die ry getalle: 768; 384; 192; f; g; . . .
8.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
8.2 Bepaal die waardes van f en g.
8.3 Skryf die 7de getal in die ry neer.
8.4 Watter getal in die ry sal die eerste getal kleiner as 1 wees?
8.5 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 0,1875?
     
9. Beskou die ry getalle: 1; -2; 4; -8; p; q; . . .
9.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
9.2 Bepaal die waardes van p en q.
9.3 Skryf die 10de getal in die ry neer.
9.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan -2048?
     
10. Beskou die ry getalle: –4; –1; 2; 5; s; t; . . .
10.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
10.2 Bepaal die waardes van s en t.
10.3 Skryf die 10de getal in die ry neer.
10.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 20?
     
11. Beskou die ry getalle: 576; 288; 144; v; w; . . .
11.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
11.2 Bepaal die waardes van v en w.
11.3 Skryf die 10de getal in die ry neer.
11.4 Die hoeveelste getal in die ry sal gelyk wees aan 4,5?
11.5 Watter getal in die ry is die eerste getal wat kleiner as 1 is?
11.6 Watter getal in die ry is die eerste getal wat kleiner as 0 is? Verduidelik jou antwoord.
     
12. Beskou die ry getalle: 0,15; 0,6; 2,4; f; g; . . .
12.1 Verduidelik hoe die volgende getal in die ry gevorm word.
12.2 Bepaal die waardes van f en g.
12.3 Skryf die 6de getal in die ry neer.
12.4 Watter getal in die ry is die eerste getal wat groter as 300 is? Hoe groot is hierdie getal?
     
13.1 Voltooi die volgende tabel :
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5      c      d  
 Getal      4      7      10      a      b      25      37  
13.2 Verduidelik hoe jy die waardes van a en b bepaal. Skryf die waardes nou neer.
13.3 Verduidelik hoe jy die waardes van c en d bepaal. Skryf die waardes nou neer.
     
14.1 Voltooi die volgende tabel :
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5      c      d      9      e  
 Getal      58      51      44      f      g      23      16      h      − 5  
14.2 Verduidelik hoe jy die waardes van c, d en e bepaal. Skryf die waardes nou neer.
14.3 Verduidelik hoe jy die waardes van f, g en h bepaal. Skryf die waardes nou neer.
     
15.1 Voltooi die volgende tabel :
  
 Getal nommer      1      2      3      4      j      6      k  
 Getal      4      12      36      m      324      n      2916  
15.2 Verduidelik hoe jy die waardes van j en k bepaal. Skryf die waardes nou neer.
15.3 Verduidelik hoe jy die waardes van m en n bepaal. Skryf die waardes nou neer.
     
16.1 Voltooi die volgende tabel :
  
 Getal nommer      1      2      3      4      p      7      q  
 Getal      2      8      32      s      512      t      131072  
16.2 Verduidelik hoe jy die waardes van p en q bepaal. Skryf die waardes nou neer.
16.3 Verduidelik hoe jy die waardes van s en t bepaal. Skryf die waardes nou neer.
     
17.1 Voltooi die volgende tabel :
  
 Getal nommer      1      2      3      4      v      8      w  
 Getal      128      64      32      x      4      y      0,125  
17.2 Verduidelik hoe jy die waardes van v en w bepaal. Skryf die waardes nou neer.
17.3 Verduidelik hoe jy die waardes van x en y bepaal. Skryf die waardes nou neer.
17.4 Die hoeveelste getal is die eerste getal kleiner as 0,05 en wat is die waarde van die getal?
     
18. Die getalle in 'n ry word gevorm deur elke keer 3 by die voorafgaande getal te tel.
18.1 Die eerste getal is 6. Voltooi nou die tabel.
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5      6      7  
 Getal      6                                
  Aantal 3's by 6 getel      0      1      2                      
18.3 Hoe vergelyk die syfers in die derde ry met die syfers in die eerste ry?
18.4 Kom ons nom die eerste getal in die ry a. In hierdie geval is a = ?
18.5 Die tweede getal kan ons skryf as 6 + 1 x 3 of as 6 + (2 - 1) x 3
18.6 Die derde getal kan ons skryf as 6 + 2 x 3 of as 6 + (3 - 1) x 3
18.7 Die sesde getal kan ons skryf as ? of as ?
18.8 Die nde getal kan ons skryf as 6 + (n - 1) x 3 en dit gee vir ons 'n manier / formule om 'n getal in die ry te bereken.
18.9 Gebruik nou die formule om die waarde van die 7de getal in die ry te bereken. Stem jou antwoord ooreen met
   die waarde in die tabel?
18.10 Gebruik die formule om aan te toon dat die 12de getal in die ry gelyk is aan 39.
18.11 Toon aan dat die 16de getal groter is as 48.
     
19. Die getalle in 'n ry word gevorm deur elke keer 7 by die voorafgaande getal te tel.
19.1 Die eerste getal is 8. Voltooi nou die tabel.
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5      6  
 Getal      8                           
  Aantal 7's by 8 getel      0      1      2                 
19.3 Die eerste getal in die ry is a. In hierdie geval is a = ?
19.4 Die syfer wat ons elke keer bytel noem ons die gemene verskil en stel dit met d voor. In die geval is d = ?
19.5 Die derde getal kan ons skryf as 8 + 2 x 7 of as 8 + (3 - 1) x 7
   of ook as a + (n - 1)d waar a = 8, n = 3 (die derde getal) en d = 7 (ons tel elke keer 7 by).
19.6 Die formule is dus Die nde getal = 8 + (n - 1) x 7
   Bereken nou die waarde van die 9de getal.
19.7 Toon aan dat getal 22 groter is as 148
19.8 Die nde getal in die ry is gelyk aan 78. Bepaal die waarde van n.
     
20. Die eerste getal in 'n ry getalle is 65. 'n Getal in die ry word gevorm deur 6 van sy voorganger af te trek.
20.1 Voltooi nou die tabel.
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5      6  
 Getal      65                           
20.2 Skryf die waarde van a en d neer. a=65 ; d = 6
20.3 Maak nou 'n formule vir die ry getalle.
20.4 Toets jou formule deur die 5de en 6de getalle te bereken.
20.5 Wat is die waarde van die 9de getal?
20.6 Getal nommer n = -1. Bereken die waarde van n.
     
21. Die eerste getal in 'n ry getalle is 5. 'n Getal in die ry word gevorm deur sy voorganger met 2 te vermenigvuldig.
21.1 Voltooi nou die tabel.
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5      6  
 Getal      5                           
21.2 Skryf die waarde van a neer.
21.3 Die getal waarmee die voorganger vermenigvuldig word noem ons die gemene rede en stel dit met 'n r voor.
     
22. Die eerste getal in 'n ry getalle is 1 024. 'n Getal in die ry word gevorm deur sy voorganger deur 4 te deel.
22.1 Voltooi nou die tabel.
  
 Getal nommer      1      2      3      4      5  
 Getal      1 024                      
22.2 Skryf die waarde van a en van r neer.
22.3 Watter getal is die eerste getal wat kleiner is as 1? Die hoeveelste getal is dit?
     
23. Gegee die formule b = 3a - 5.
23.1 Skryf die verband tussen a en b in woorde.
23.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
23.3 Bereken ten minste 4 waardes van a en b en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
23.4 Bereken die waarde van b as a = –16.
23.5 Bereken die waarde van a as b = 4.
     
24. Gegee die formule: c = 2 - 3d
24.1 Skryf die verband tussen c en d in woorde.
24.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
24.3 Bereken ten minste 4 waardes van c en d en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
24.4 Is hierdie 'n voorbeeld van 'n stygende verband? Verduidelik.
24.5 Bereken die waarde van c as d = –6.
24.6 Bereken die waarde van d as c = 5.
     
25. Gegee die formule: p = 6 - 7q
25.1 Skryf die verband tussen p en q in woorde.
25.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
25.3 Bereken ten minste 4 waardes van c en d en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
25.4 Is hierdie 'n voorbeeld van 'n stygende verband? Verduidelik.
25.5 Bereken die waarde van p as q = –2.
25.6 Bereken die waarde van q as p = -22.
     
26. Gegee die formule: y = 2x - 7
26.1 Skryf die verband tussen x en y in woorde.
26.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
26.3 Bereken ten minste 4 waardes van x en y en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
26.4 Is hierdie 'n voorbeeld van 'n dalende verband? Verduidelik.
26.5 Bereken die waarde van y as x = –3.
26.6 Bereken die waarde van x as y = 3.
     
27. Gegee die formule: xy = 36
27.1 Skryf die verband tussen x en y in woorde.
27.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
27.3 Bereken ten minste 4 waardes van x en y en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
27.4 Is hierdie 'n voorbeeld van 'n direkte eweredigheid? Verduidelik.
27.5 Hoe verander y se waarde as x se waarde toeneem / gorter word / styg? Verduidelik.
27.6 Kan x of y ooit die waarde 0 aanneem / hê? Verduidelik.
27.7 Bereken die waarde van y as x = 3.
27.8 Bereken die waarde van x as y = 10.
     
28. Gegee die formule: pq = 24
28.1 Skryf die verband tussen p en q in woorde.
28.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
28.3 Bereken ten minste 4 waardes van p en q en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
28.4 Is hierdie 'n voorbeeld van 'n direkte eweredigheid? Verduidelik.
28.5 Hoe verander q se waarde as p se waarde toeneem / gorter word / styg? Verduidelik.
28.6 Kan p = 0 of q = 0? Verduidelik.
28.7 Bereken die waarde van q as p = 12.
28.8 Bereken die waarde van p as q = 6.
     
29. Gegee die formule: ab = 18
29.1 Skryf die verband tussen a en b in woorde.
29.2 Sê watter die onafhanklike veranderlike en watter die afhanklike veranderlike is.
29.3 Bereken ten minste 4 waardes van a en b en skryf hulle in ’n tabel neer (tabuleer die resultate).
29.4 Is hierdie 'n voorbeeld van 'n omgekeerde eweredigheid? Verduidelik.
29.5 Hoe verander b se waarde as a se waarde afneem / kleiner word / daal? Verduidelik.
29.6 Kan a = 0 of b = 0? Verduidelik.
29.7 Bereken die waarde van b as a = 12.
29.8 Bereken die waarde van a as b = 4.
29.9 Vir watter waarde is a = b?
     
     
     
  
Na bo Antwoorde Oefeninge - Graad 10 Oefeninge - Graad 11 Oefeninge - Graad 12 Tuisblad