Graad 11 - Nog oefeninge.

Die Hiperbool.

1.
Meegaande diagram toon die
grafiek van xy = 8
1.1
Wat is die verband
tussen x en y? Verduidelik.
1.2
Wat gebeur met die waardes van y
as x groter word?
1.3
Hoe verander die waardes van een
veranderlike as die ander een kleiner word?
1.4
Wat is die waarde van
1.4.1
y as x = 2?
1.4.2
x as y = 4?
1.4.3
y as x = 1,6?
1.4.4
x as y = 20?
1.4.5
y as x = 0?
1.4.6
x as y = 0?
1.5
Verduidelik jou antwoorde in 1.4. 5 en 1.4.6
1.6
Wat is die afsnitte op die asse?
2.
Koekies word gelyk op tussen kinders verdeel. Daar is 40 koekies wat uitgedeel kan word.
2.1
Voltooi die tabel hieronder:
Aantal koekies 1 2 4 b 8 10 d 40
Aantal kinders 40 20 a 8 5 c 2 1
2.2
Watter verband is daar tussen die aantal koekies en die aantal kinders? Verduidelik.
2.3
Watter vorm sal die grafiek hê? Verduidelik.
2.4
Trek die grafiek met aantal koekies op die x-as en aantal kinders op die y-as.
2.5
Stem die vorm van die grafiek ooreen met jou vorrspelling in 2.3?
2.6
Hoeveel kinders kan elk 6 koekies kry? Is dit 'n aanvaarbare antwoord? Verduidelik.
3.
Die tabel hieronder toon die volume van 'n gas by 'n sekere druk en konstante temperatuur.
Druk, p (in kPa) 48 60 80 b 120 160
Volume, V (in kubieke cm) 100 80 a 48 40 c
3.1
Bereken die waardes van a, b en c.
3.2
Beskryf die verband tussen druk en volume in woorde en in symbole en gee 'n rede.
3.3
Watter vorm sal die grafiek hê? Verduidelik.
3.4
Kan p of V gelyk wees aan 0? Verduidelik.
3.5
Trek die grafiek met druk op die x-as en volume op die y-as.
3.6
Die maksimum volume wat die houer kan hê is 1 200 kubieke cm. Wat sal die druk in die
houer wees?
3.7
Wat is die minimum volume van die houer as die maksimum druk 200 kPa is?
4.
Die tabel hieronder toon die tyd geneem om 'n sekere afstand af te lê teen verskillende snelhede.
Spoed, v (in km/h) 10 15 20 b 60 100
Tyd, t (in h) 6 4 a 2 1 c
4.1
Voltooi die tabel deur die waardes van die onbekendes te bereken.
4.2
Wat, dink jy, is di verband tussen spoed en die tydsduur?
Verduidelik jou redenasie. Skryf ook die verband in simbole wat in die tabel gebruik word.
4.3
Gebruik jou antwoord in 4.2 om die vorm van die grafiek met tyd op die x-as en spoed
op die y-as te voorspel.
4.4
Trek die grafiek met tyd op die x-as en spoed op die y-as.
4.5
Kom die vorm van die grafiek ooreen met jou voorspelling in 4.3?
4.6
Gebruik die grafiek om die waarde te bepaal van
4.6.1
t as v = 80 en as v = 200
4.6.2
v as t = 0,1 en as t = 6
4.7
Sal die gebruik van 'n soliede lyn die data goed voorstel? Verduidelik jou antwoord.
  
Na bo Antwoorde Graad 11 - Oefeninge Graad 10 - Oefeninge Graad 12 - Oefeninge Tuisblad