Graad 11 - Nog Oefeninge.

Finansiële Dokumente, tariewe, rekeninge.

1.   'n Sekere Munisipaliteit het die volgende tariefstelsel vir die verkoop van
huishoudelike water. [ Die verbruik word bepaal deur die lesing af te rond na die volgende
heelgetal kl verbruik. Dus, 7,5 kl word afgerond na 8 kl ] BTW teen 14% word gehef:
     
  
    Van (kl)       Tot (kl)       Tarief per kiloliter (R)        Van (kl)       Tot (kl)       Tarief per kiloliter (R)   
     0 kl      6,00 kl       gratis     6 kl     19 kl     R2,00
     20 kl      39 kl       R2,40     40 kl     59 kl     R3,50
     60 kl      79 kl       R4,50     80     en meer     R7,00
1.1
'n Huishouding verbruik 18 kl water.
1.1.1
Wat is die tarief vir die verbruik?
1.1.2
Wat is die bedrag betaalbaar? Toon al jou berekeninge.
1.2
Die verbruik is 38,12 kl vir die maand. Bereken die bedrag verskuldig. Toon al jou
berekeninge.
1.3
'n Rekening vir R235,65 word gegee vir 'n verbruik van 75 kl. Toets die korrektheid van
die rekening. Toon al jou berekeninge.
2.
Jan stel die volgende begroting op:
     
  
    Inkomste (R)             Uitgawe (R)    
    Salaris     16 600         Huishuur     5 800
                Kos     5 250
                Klere     1 600
                Motor paaiement     1 760
                Motor onderhoud     940
                Vermaak     1 600
                Spaar     600
    Totaal     16 600         Totaal    
2.1
Bepaal Jan se totale uitgawe. Kan hy al sy uitgawes bekostig?
2.2
Veronderstel dat hy niks spaar nie. Klop sy begroting nou? Wat kan hy nog doen om sy
begroting te laat klop?
2.3
Hy besluit om tog R300 te spaar. Wat kan hy doen om sy begroting te laat klop?
3.
'n Sekere Munisipaliteit hef die volgende fooie vir huishoudelike water:
van 0 tot 20 kl - R1/kl en van 21 tot 40 kl - R2 / kl
3.1
Voltooi die volgende tabel :
  
Verbruik (kl) 0 10 20 21 30 40
Koste R)                        
3.2
Trek 'n grafiek om die data voor te stel.
3.3
Wat is die minimum koste vir verbruik in die interval 21 kl tot 40 kl?
3.4
Wat is die maksimum koste vir verbruik in die interval 0 kl tot 20 kl?
3.5
Verduidelik die vorm van jou grafiek van 'n verbruik van 0 kl tot 'n verbruik van 20 kl.
3.6
Skat die koördinate van die punt as die verbruik 12 kl is. Merk die punt D.
3.7
Skat die koördinate van die punt as die verbruik 27 kl is. Merk die punt E.
3.8
Bereken nou die koördinate van punt D.
4.
Meegaande grafiek toon die koste wat deur
'n sekere Munisipaliteit gehef word vir
die verbruik van huishoudelike water.
4.1
Skat die koste as die verbruik 12 kl is
en skat die verbruik as die
koste R76 is.
4.2
Wat is die maksimum koste vir 'n verbruik
van 30 kl?
4.3
Wat is die minimum koste vir 'n verbruik
van 10 kl ?
4.4
Die koördinate van punt B is (20 ; 20) en die
koördinate van punt C is (40 ; 100). Gebruik die inligting om die koste per kiloliter te
bereken vir die interval 0 kl tot 20 kl en van 20 kl tot 40 kl.
4.5
Gebruik jou antwoorde in 4.4 om die korrektheid van jou skattings in 4.1 te toets.
5.
Meegaande grafiek toon die koste verbonde
aan twee kontrakte van 'n selfoonmaatskappy.
5.1
Waar en waarom begin die grafiek van
kontrak B?
5.2
Waar en waarom begin die grafiek van
kontrak A?
5.3
Watter een van die twee kontrakte het die
grootste koste per minuut? Verduidelik.
5.4
Skat die koste vir albei kontrakte as die
tyd = 80 minute.
5.5
Skat die tyd as die koste van kontrak B = R121.
5.6
Waar sny die twee grafieke mekaar? Wat beteken dit?
5.7
Bereken die koste per minuut van albei kontrakte as die koste van kontrak A R250 en die
van kontrak B R275 is as die tyd = 250 minute
5.8
Gebruik die antwoorde in 5.7 om die korrektheid van die skattings in 5.4 en 5.5 te toets.
Toon al die berekeninge.
5.9
Na hoeveel minute is die koste van kontrak B groter as die van kontrak A?
5.10
Watter kontrak, A of B, sal jy aanbeveel vir 'n persoon wat minder as 150 minute per
maand praat? Gee redes.
6.
Meegaande grafiek toon die koste verbonde
aan twee kontrakte, P en Q, van
'n selfoonmaatskappy.
6.1
Die grafiek van kontrak P word gegee deur die
lyn ABC. Waarom begin die eerste deel, AB,
nie in die oorsprong nie? Wat beteken dit?
6.2
Beskryf en verklaar die vorm van die deel BC.
6.3
Stel die grafiek van kontrak Q 'n stygende
verwantskap voor? Verduidelik.
6.4
Watter kontrak, P of Q, is die goedkoopste vir
gesprekke van minder as 100 minute per maand? Verduidelik.
6.5
Watter kontrak, P of Q, is die goedkoopste vir gesprekke van meer as 210 minute per
maand? Verduidelik.
6.6
Watter kontrak, P of Q, het die kleinste tarief per minuut? Verduidelik.
7.
Bestudeer die volgende rekening van XYZ Munisipaliteit.
7.1
Wat is Munisipaliteit se foonnommer?
7.2
Wat is Munisipaliteit se posadres?
7.3
Wat is die datum van die rekening?
7.4
Aan wie is die rekening gerig?
7.5
Waarom word die bedrag in die
kolom "Betaling ontvang" met 'n
negatiewe teken aangedui?
7.6
Watter volume water is verbruik?
7.7
Is die bedrag vir water verbruik
korrek bereken? Toon jou
berekeninge.
7.8
Bereken ook die bedrae vir die
elektrisiteit verbruik. Toon
al jou berekeninge.
7.9
Bereken die bedrag in die laaste
ry met 'n ### gemerk.
7.10
Is daar nog ander foute op die
rekening? Toon jou berekeninge
om dit reg te stel.
7.11
Teen watter persentasie word
erfbelasting aangeslaan?
XYZ Munisipaliteit
Slingerstraat 13            Bus 34              Foon: 001 968 0001
Waterfontein                Waterfontein       Faks: 001 968 0002
061208                        061208
Mnr. J Willemse                               Rekening vir April 2015
Bus 11                                            Datum : 30/04/2015
Waterfontein                                    Betaal voor 14 / 05 / 2015
061208                                            Rekeningnommer : 16169
Beskrywing Hoeveelheid Bedrag BTW Bedrag
Balans oorgedra          729,75
Betaling ontvang          -729,75
Water ## 77,30 ## 165,42
Elektrisiteit ## ## 144,54 1 176,94
Vullis verwydering    50,00 7,00 57,00
Riolering 53 63,60 8,90 72,50
Erfbelasting          373,46
Bedrag betaalbaar    ### 171,26 1 845,32
  
Meterlesings Eiendomsinligting
Soort Vorige Huidge Erfnommer 0236
Water 3568 3621 Grootte (ha) 0,125
Elektrisiteit 10524 11236 Waardasie 925 000
         Belasting 3 931,20
  
Notas :    1. Watertarief :     0 kl tot 6 kl - gratis
                                           7 kl tot 29 kl - R1,10 / kl
                                         30 kl tot 49 kl - R1,70 / kl
                                         50 kl en meer - R4,50 / kl
                 2. Elektrisiteitstarief :   R1,45 / eenheid
                 3. Agterstallige rekenings : Rente word teen
                       20% p.a. gehef op agterstallige bedrae en
                       laat betalings.
8.
Bestudeer die bankstaat van 'n
lopende / tjek rekening.
8.1
Wat is die datum en die nommer
van die faktuur?
8.2
Waarom word die saldo
oorgebring met 'n negatiewe
teken aangedui?
8.3
Waarom word die bedrae in die
Debiete kolom met 'n negatiewe
teken aangedui?
8.4
Bereken die saldo nadat AtotZ
Dienste die salaris inbetaal het.
Wat en waarom is die teken
van die Saldo?
8.5
Bereken die saldo op 04:06.
Verduidelik jou antwoord.
8.6
Waarom is die bedrag onder
Krediete positief?.
8.7
Bereken die saldo op 04:18
8.8
Bereken die saldo op 04:30 nadat
die Diensgeld ingeskryf is.
8.9
Bereken die rente op die
oortrokke rekening.
8.10
Bereken die afsluitingssaldo
op 04:30
Die Nuwebank
Bus 201               Foon: 808 908 1001         2 Mei 2008
Blyhier                 Faks: 808 908 1002         Staatnommer : 121
081908       
Mnr. S. van Wyk      
Bus 108      
Blyhier      
081908       
Bankstaat / Belastingfaktuur
LekkerMaklik                          Rekeningnommer : 34501261
    
Besonderhede Datum Debiete Krediete Saldo
Saldo oorgebring          4,802.91−
AtotZ Dienste - salaris 04.01    11,200.00 ##
Premie - lewenspolis 04.01 641.00−    ##
Premie - versekering 04.01 387.75−    5,368.34
VeiligheidEerste 04.01 326.00−    5,042.34
Ons Nuwebank - paaiement op motor 04.02 2,080.00−    2,962.34
Oppas Motorhawe 04.05 1,421.00−    1,541.34
KoopHier 04.06 3,380.54−    ##
Kontant onttrek 04.10 1,200.00−    3,039.20−
Werksaam Motorhawe 04.12 927.00−    3,966.20−
Oorplasing van rekening 12300075 04:18    1,500.00 ##
KoopHier 04.26 1,804.12−    4,270.32−
Diensgeld 04:30 99:00−    ##
Rente - oortrokke rekening 04:30 ##    ##
Koers Betaalbaar soos op 1 April 2005
     
Rente word op oortrokke rekeninge gehef teen 13,5% p.j. en
word maandeliks saamgestel.
    
Kontroleer asseblief alle inskrywings en rapporteer enige verskille
9.
Ter inligting by vraag 9, die volgende:
1.   Inkomste belastingskale:
Inkomste Belasting
       0.00 — 122 000    18% van elke Rand
  122 001 — 195 000    21 960 + 25% van die bedrag meer as 122 000
  195 001 — 270 000    40 210 + 30% van die bedrag meer as 195 000
  270 001 — 380 000    62 710 + 35% van die bedrag meer as 270 000
2.   'n Primêre korting van R8 280.00 word toegestaan vir elke belastingbetaler.
3.   Oortyd-vergoeding: oortyd 1.5 word bereken teen 1,5 maal die normale tarief.
                                  oortyd 2 word bereken teen tweemaal die normale tarief.
ABC Werke BETAALSTAAT
Bus 198      Foon: 111 010 1000    
Loopweg      Faks: 111 010 1001                        Datum: 2009/08/30
80021          
Naam : Gert Skaar Werkerskode : W115
Rekeningnommer : 00501623 Werktuigkundige  
   Tarief: R85,00 per uur
Beskrywing Verdienste Aftrekkings
Salaris 13,200.00 Belasting   
Oortyd 1,5 - 10 uur    WVF   
Oortyd 2 765.00 Pensioen 198.00
      Welsyn 85.25
      Vakbond 165.00
      Spaarplan 500.00
      Winskopies 1,516.88
Totaal    Totaal   
Maandelikse Inkomste      
Bruto         
Aftrekkings         
Netto         
Beskou die betaalstrokie langsaan en
beantwoord dan die vrae wat volg:
9.1
Bereken Gert se vergoeding vir
Oortyd 1.5
9.2
Bereken hoeveel ure Oortyd 2
Gert gewerk het.
9.3
Bereken Gert se totale verdiente
vir die maand.
9.4
Aanvaar dat Gert elke maand hierdie
inkomste het. Bereken nou die
Inkomstebelasting verskuldig vir die
jaar en dus ook vir die maand.
9.5
Gert moet elke maand 1% van sy
Salaris bydra vir die WVF.
Bereken nou Gert se bydrae.
9.6
Watter persentasie van sy Salaris word
vir Pensioen afgetrek?
9.7
Bereken die totale aftrekkings.
9.8
Bereken Gert se Netto verdienste.
  
Na bo Antwoorde Graad 11 - Oefeninge Graad 10 - Oefeninge Graad 12 - Oefeninge Tuisblad