Beskou die kwadratiese getalle patroon :
8 ; 13; 20; 29; . . .
1.1 Skryf die volgende twee terme
neer.
[ A 1.1 ]
1.2 Bepaal die algemene term,
T
n.
[ A 1.2 ]
1.3 Bereken die waarde van die
een en twintigste term, T
21.
[ A 1.3 ]
1.4 Watter term is gelyk aan 148?
[ A 1.4 ]
Beskou die kwadratiese getalle :
patroon : ─2 ; ─1; 4; 13; . . .
2.1 Skryf die volgende twee terme
neer.
[ A 2.1 ]
2.2 Bepaal die algemene term,
T
n.
[ A 2.2 ]
2.3 Bereken die waarde van die
vyftiende term, T
15.
[ A 2.3 ]
2.4 Watter term is gelyk
aan 494?
[ A 2.4 ]
Die volgende getalle vorm 'n kwadratiese
patroon : ─5; 5; 17; 31; . . .
3.1 Skryf die volgende twee terme
neer.
[ A 3.1 ]
3.2 Bepaal die algemene term,
T
n.
[ A 3.2 ]
3.3 Bereken die waarde van die
negende term, T
9.
[ A 3.3 ]
3.4 Bereken die waarde van n
as T
n = 355.
[ A 3.4 ]
Gegee die kwadratiese ry :
12; 7; ─2; ─15; . . .
4.1 Skryf die volgende twee terme
neer.
[ A 4.1 ]
4.2 Bepaal die algemene term,
T
n.
[ A 4.2 ]
4.3 Bereken die waarde van die
elfde term, T
11.
[ A 4.3 ]
4.4 Bereken die waarde van n
as T
n = −617.
[ A 4.4 ]
Die volgende getalle vorm 'n
kwadratiese ry : x; y; 8; . . .
Die tweede verskil in die ry is 2 en
die tweede eerste verskil is 6.
Bepaal x en y.
[ A 5. ]
Gegee die kwadratiese ry :
1; p; 21; q; . . .
Die tweede verskille is 4. Bereken die
waardes van p en q.
[ A 6. ]
Die ry ─ 2; x; y; . . . is 'n
kwadratiese ry met 'n konstante tweede
verskil van 2. Die verskil tussen die
tweede en derde term is 7.
Bepaal die waardes van x en y.
[ A 7. ]
Gegee die kwadratiese ry
4; 9; x; 37; . . .
8.1 Bereken x.
[ A 8.1 ]
8.2 Bepaal die nde term.
[ A 8.2 ]
Departement van Onderwys, Graad 12,
Vraestel 1, November 2010
'n Kwadratiese ry het 'n tweede
term van 0, 'n derde term van
6 en 'n vyfde term van 24.
9.1 Bereken die tweede verskil.
[ A 9.1 ]
9.2 Bereken die eerste term.
[ A 9.2 ]
Gegee die kwadratiese ry
6; 7; 12; p; . . .
10.1 Bereken die waarde van p.
[ A 10.1 ]
10.2 Bereken die nde term.
[ A 10.2 ]
10.3 Die eerste verskil tussen twee
opeenvolgende terme van die
ry is 53. Bereken die waardes
van hierdie twee terme.
[ A 10.3 ]
Die patroon −7; −8; −11; −16;
is 'n kwadratiese getal patroon.
12.1 Bepaal die nde term
T
n.
[ A 12.1 ]
12.2 Bpaal die sewentiende
term, T
17.
[ A 12.2 ]
12.3 Bepaal die waarde van n
as T
n < −313.
[ A 12.3 ]
12.4 Tussen watter TWEE terme van
die kwadratiese getalpatroon sal
daar 'n verskil van −43 wees?
[ A 12.4 ]
Die algemene term van 'n kwadratiese
getal patroon worde gegee deur
−n
2 + bn − 150 en die eerste term van
die eerste verskille is 15.
13.1 Toon aan dat b = 18.
[ A 13.1 ]
13.2 Bereken die waarde van T
16.
[ A 13.2 ]
13.3 Watter term is gelyk aan −598?
[ A 13.3 ]
13.4 Watter term is die eerste term
kleiner as −270?
[ A 13.4 ]
13.5 Bepaal die algemene term van
die ry eerste verskille van die
kwadratiese getal patroon.
[ A 13.5 ]
13.6 Watter TWEE opeenvolgende
terme van die kwadratiese getal
patroon sal 'n eerste verskil
van −5 hê?
[ A 13.6 ]
Die algemene term van 'n kwadratiese
getal patroon word gegee deur
3n
2 − 4n + c en die eerste term van
die patroon is −14.
14.1 Bewys dat c = −13.
[ A 14.1 ]
14.2 Bepaal die waarde van T
7.
[ A 14.2 ]
14.3 Watter term is die eerste term
met 'n waarde groter as 300?
[ A 14.3 ]
14.4 Watter TWEE opeenvolgende
terme in die kwadratiese getal
patroon het 'n eerste verskil
van 125?
[ A 14.4 ]